6 U is die Here God, die Almagtige, die God van Israel!Gryp tog in en straf al hierdie vyandige nasies!Moenie genade betoon aan sulke lae verraaiers nie. Sela
7 Hulle kom altyd in die aand terug,hulle grom soos honde en loop in die stad rond.
8 Die skuim staan om hulle bekke,en hulle wys hulle tande,want hulle dink niemand hoor hulle nie.
9 Maar U, Here, U lag hulle uit,U spot met al die nasies!
10 Ek wil my hoop op U gevestig hou, U, my Sterkte,want U is my veilige vesting!
11 My God sal my te hulp kom in sy trou,God sal my laat neersien op my teëstanders.
12 Moet hulle nie nou al doodmaak nie,sodat hulle straf nie ongemerk aan my volk verbygaan nie.Breek hulle stadig af deur u magen laat hulle ondergaan, Here, ons Beskermer,