1 Vir die koorleier: op die wysie van “Die lelie”. 'n Getuienis. 'n Gedig van Dawid, vir onderwys bedoel,
2 na aanleiding van sy geveg teen die Arameërs van Mesopotamië en die Arameërs van Soba toe Joab twaalf duisend Edomiete in die Soutvlakte verslaan het.
3 U het ons verstoot, o God,ons uitmekaar geskeur.U was kwaad vir ons.Laat dit tog weer met ons goed gaan.
4 U het die land laat bewe en dit oopgekloof.Genees tog die wonde, want ons gaan tot niet.
5 U het 'n ramp oor u volk gebring,U het ons wyn laat drink wat ons laat steier het.
6 Trek tog u dienaars saam onder u vaandeldat hulle veilig kan wees teen die boog van die vyand. Sela