3 U het ons verstoot, o God,ons uitmekaar geskeur.U was kwaad vir ons.Laat dit tog weer met ons goed gaan.
4 U het die land laat bewe en dit oopgekloof.Genees tog die wonde, want ons gaan tot niet.
5 U het 'n ramp oor u volk gebring,U het ons wyn laat drink wat ons laat steier het.
6 Trek tog u dienaars saam onder u vaandeldat hulle veilig kan wees teen die boog van die vyand. Sela
7 Red ons deur u groot mag, en help ons,sodat hulle vir wie U liefhet, gered kan word.
8 God het in sy heilige woning gesê:“As oorwinnaar sal Ek Sigem verdeelen die Sukkotlaagte uitdeel!
9 Aan My behoort Gilead, aan My behoort Manasse!Efraim is my vernaamste vesting,Juda my koninklike gebied.