4 U troue liefde is meer werd as die lewe;daarom sal ek U prys.
5 Ek sal U my lewe lank loof,my hande ophef om u Naam te prys.
6 Soos elke keer wanneer ek u goeie gawes geniet,sal ek U altyd roem met jubelende mond.
7 As ek aan U dink op my bed,oor U peins in die nag, dan weet ek:
8 U is vir my 'n hulp,en dan juig ek oor die beskerming onder u vleuels.
9 Ek bly altyd naby U,u hand ondersteun my.
10 Maar hierdie mense wat my ondergang soek,mag hulle wegsink in die dieptes van die aarde!