3 aan U wat die gebed verhoor.Na U toe sal alle mense kom
4 om hulle skuld te bely.Ons sondes het ons ingehaal, maar U maak ons daarvan vry.
5 Dit gaan goed met die mens vir wie U uitkiesen laat naderkom om in u tempel te bly.Laat ons die goeie dinge in u huis in oorvloed geniet,die goeie dinge in u heilige woning.
6 In u trou antwoord U ons met kragtige dade,o God, ons Verlosser,op wie ook die mense in afgeleë landeen op verre seë vertrou.
7 U is met mag omgewe,U laat deur u krag die berge vas bly staan;
8 U laat die gedruis van die see,die geraas van die golwe,die rumoer van die nasies bedaar,
9 sodat ook die mense in afgeleë landeontsag kry vir die tekens van u mag;in die ooste en in die westelaat U die mense juig.