7 U is met mag omgewe,U laat deur u krag die berge vas bly staan;
8 U laat die gedruis van die see,die geraas van die golwe,die rumoer van die nasies bedaar,
9 sodat ook die mense in afgeleë landeontsag kry vir die tekens van u mag;in die ooste en in die westelaat U die mense juig.
10 U sorg vir die land en gee oorvloed,U maak dit baie vrugbaar.Die groot riviere is vol water,U laat die koring welig staan.Alles is u werk!
11 U maak die ploegvore vol water en die kluite nat,U laat hulle sag word van die reëns,U laat alles welig groei.
12 U kroon die jaar met u goeie gawes.Waar U ook gaan, is daar oorvloed!
13 Daar is volop weiding in die woestyn;die bulte juig,