11 U het ons in 'n net gevang,'n swaar las op ons gelê;
12 U het ons deur mense laat vertrap,ons het deur vuur en water gegaan;maar toe het U ons uitgelei na oorvloed toe.
13 Ek sal u huis betree met brandoffersen aan U die geloftes betaal
14 wat ek gedoen het, wat ek afgelê hettoe ek in nood was.
15 Ek bring vir U vet skape as brandoffers,ramme as wierookoffers,ek offer beeste en bokke. Sela
16 Kom luister, alle dienaars van God,ek wil vertel wat Hy vir my gedoen het:
17 Skaars het ek na Hom geroep,of daar was reeds 'n loflied op my lippe.