9 Ek het vreemd geword vir my broers,my familie wil my nie meer ken nie.
10 Omdat ek u huis liefhet,moet ek ly;die beledigings teen U het ook vir my getref.
11 Ek het gevas en gehuilen daarvoor net beledigings gekry.
12 Ek het rouklere aangetrek,maar hulle het met my gespot.
13 Die leeglêers in die stadspoort maak praatjies oor my,en dronklappe maak liedjies oor my.
14 My gebed is tot U gerig, Here,antwoord my tog gou, Here,antwoord my in u groot liefde, o God;u hulp staan vas.
15 Red my uit die modder, dat ek nie wegsak nie,laat my wegkom van my vyande af,weg uit die diep waters.