2 Red my en bevry my, want U is getrou.Luister tog na my en help my!
3 Wees vir my 'n rots om na toe te vlug,waar ek altyd die veiligheid mag vindwat U tot my redding beskik het,want U is my rots en my vesting.
4 My God, bevry my uit die hand van goddeloses,uit die greep van skurke en verdrukkers,
5 want U, Here, U is my hoop,op U, Here, het ek van jongs af vertrou.
6 U is my hulp van my geboorte af,reeds voor ek in die wêreld gekom het, het U my beskerm.U loof ek gedurigdeur.
7 Ek is vir baie 'n wonder,want U is my veilige toevlug.
8 Ek besing u lof en u roem gedurigdeur.