5 want U, Here, U is my hoop,op U, Here, het ek van jongs af vertrou.
6 U is my hulp van my geboorte af,reeds voor ek in die wêreld gekom het, het U my beskerm.U loof ek gedurigdeur.
7 Ek is vir baie 'n wonder,want U is my veilige toevlug.
8 Ek besing u lof en u roem gedurigdeur.
9 Moet my tog nie verwerp nou dat ek oud geword het nie,moet my tog nie alleen laat nou dat my kragte ingegee het nie.
10 My vyande sweer saam teen my,dié wat my lewe soek, smee 'n komplot teen my.
11 Hulle sê: “God het hom alleen gelaat!Agtervolg hom en gryp hom,want daar is niemand om hom te red nie!”