2 Tog het ek daaraan begin twyfel,ek het byna koers verloor,
3 want ek het die hooghartige goddeloses met afguns bejeëntoe ek hulle voorspoed sien.
4 Hulle het geen kwellings nie,hulle is sterk en gesond,
5 hulle het nie sorge soos ander mense nie,hulle het nie teëspoed soos ander nie.
6 Daarom hang die trots aan hulle soos 'n halssnoeren kleef geweld aan hulle soos 'n kleed.
7 In die weelde van hulle voorspoedmatig hulle hulle enigiets aan;
8 smalend stook hulle kwaad,hooghartig dreig hulle met geweld.