2 God het Hom in Juda bekend gemaak,sy Naam is groot in Israel;
3 sy tuiste is in Salem, sy woning op Sion.
4 Daar het Hy die brandpyle, die skild en die swaard vernietig,die aanval van die vyand afgeslaan. Sela
5 Die glans waarmee U verskyn het,was skitterender as dié op die hoogste berge.
6 Die dapper soldate van die vyandis in hulle slaap oorval en geplunder;nie een van die krygsmanne kon 'n hand oplig nie.
7 Toe U ingegryp het, God van Jakob,was strydwa en perd daarmee heen.
8 As u toorn ontbrand,laat U die mens sidder en beef.Wie kan dan voor U staan?