48 Hy het hulle vee aan die hael oorgegee,hulle kuddes aan die weerligstrale;
49 Hy het sy gloeiende toorn op hulle losgelaat:gramskap, woede en rampe,'n hele vrag onheil;
50 Hy het sy toorn vrye loop gegee,hulle lewens nie gespaar nieen hulle aan die pes uitgelewer;
51 Hy het al die eersgeborenes van die Egiptenaars getref,die eerstelinge in die wonings van Gam.
52 Maar sy eie volk het Hy uitgeleien hulle soos 'n kudde skape deur die woestyn laat trek.
53 Vir hulle het Hy veilig gelei, en hulle was nie bang nie,maar hulle vyande, dié is deur die see oorweldig.
54 Hy het sy volk gebring na die gebied wat Hy afgesonder het,na die bergland wat Hy deur sy mag verower het.