55 Hy het nasies voor sy volk uit verdryfen aan sy volk 'n land as besitting gegee.Hy het daardie nasies se woonplekke aan die stamme van Israel gegee.
56 Maar hulle het God die Allerhoogste getarten teen Hom in opstand gekom.Hulle was nie aan sy gebooie gehoorsaam nie.
57 Net soos hulle voorvaders was hulle afvallig en ontrou,so vals soos 'n onbetroubare wapen.
58 Hulle het Hom vertoorn met hulle afgodsdiens op die hoogtesen Hom uitgetart met hulle gesnede beelde.
59 Toe God dit sien, het Hy kwaad geworden Israel verwerp.
60 Hy het die tabernakel in Silo verwoes,die tent waarin Hy onder die mense gewoon het.
61 Hy het die volk wat Hy deur sy mag verower het,in ballingskap weggestuur,sy uitverkore volk in die mag van die vyand gegee.