62 Hy het sy volk aan die swaard oorgegee,kwaad geword vir dié wat aan Hom behoort.
63 Die jongmanne het in die vuur omgekom:daar is nie meer huweliksliedere vir die jongmeisies gesing nie.
64 Die priesters het deur die swaard gesterf,die weduwees het nie kans gekry om hulle mans te begrawe nie.
65 Daarna het die Here weer ingegryp.Dit was asof Hy geslaap het,soos iemand wat in 'n roes was en nou wakker geword het.
66 Hy het sy vyande teruggedryfen hulle vir altyd 'n eerlose neerlaag laat ly.
67 Hy het die geslag van Josef verwerpen teen die stam Efraim gekies.
68 Hy het die stam Juda verkies,Sionsberg wat Hy liefhet.