5 Here, almagtige God,hoe lank nog sal U afsydig staanteenoor die gebed van u volk?
6 U het aan ons trane vir kos gegeeen ons 'n beker vol verdriet laat drink.
7 U laat ons bure teen ons veg,en ons vyande lag oor ons.
8 Almagtige God, laat dit weer met ons goed gaan,verskyn tog tot ons redding!
9 U het 'n wingerdstok in Egipte uitgehaalen dit hier kom plant nadat U die nasies uitgedrywe het.
10 U het vir hom plek reggemaak,sy wortels het gegroei en hy het die land ingeneem.
11 Sy skaduwee het die berge oordek,sy ranke die magtige seders.