2 Jubel tot eer van God ons sterkte,juig tot eer van die God van Jakob!
3 Sing, en slaan die tamboeryn,laat hoor die lieflike klanke van die lier en die harp.
4 Blaas die ramshoring op nuwemaan,met volmaan, op ons feesdag,
5 want dit is 'n instelling vir Israel,'n verordening van die God van Jakob.
6 Hy het dit vir die nageslag van Josef as 'n dure plig opgelêtoe hulle uit Egipte weggetrek het.Wat hulle toe nog nie geweet het nie, het hulle gehoor:
7 “Ek het die swaar drag van julle skouers afgehaal,julle kon die mandjies neersit.
8 In julle nood het julle geroep en Ek het julle gered;Ek het julle uit 'n donderwolk geantwoord,julle by die waters van Meriba op die proef gestel. Sela