2 Moet tog nie afsydig staan nie, o God,moet tog nie stilbly en niks doen nie!
3 Kyk hoe gaan u vyande teen U te kere,hoe verset u teëstanders hulle teen U.
4 Teen u volk smee hulle komplotte in die geheim,hulle sweer saam teen dié wat onder u beskerming staan.
5 Hulle sê: “Kom ons roei hulle uitdat hulle nie meer 'n volk is nie,dat niemand meer die naam Israel sal onthou nie.”
6 Hulle het eensgesind saamgespanen 'n verbond teen U gesluit:
7 Edom en die Ismaeliete,Moab en die Hagareërs,
8 Gebal, Ammon en Amalek,Filistea en die inwoners van Tirus.