11 Sal U met dooies 'n wonder laat gebeur?Kan gestorwenes opstaan en U loof? Sela
12 Word daar in die graf vertel van u troue liefde?Word daar in die plek waar almal vergaan, van u trou vertel?
13 Sal u wondermag ondervind word in die duisternis van die dood,u redding in die land van vergetelheid?
14 Ek roep na U om hulp, Here,vroeg in die môre al bid ek tot U.
15 Waarom verstoot U my, Here,waarom trek U U van my af terug?
16 Ek ly swaar, ek kwyn al weg van my jeug af.Dit is 'n swaar las waarmee U my teister.Ek weet geen raad meer nie.
17 U toorn rus op my,U tref my met skrik en vernietig my.