39 Maar nou het U in u toorntog u gesalfde verstoot en verwerp.
40 U het die verbond met u dienaar nie in ag geneem nie,sy kroon tot in die grond vertrap.
41 U het al sy stadsmure afgebreek,sy vestings in puin gelê.
42 Almal wat daarlangs kom, beroof hom;die buurvolke behandel hom met minagting.
43 U het sy teëstanders laat seëvier,al sy vyande laat juig.
44 U het hom voor die vyand laat vlug,hy kon nie staande bly in die oorlog nie.
45 Aan sy koninklike luister het U 'n end gemaak,sy troon teen die grond gegooi.