44 U het hom voor die vyand laat vlug,hy kon nie staande bly in die oorlog nie.
45 Aan sy koninklike luister het U 'n end gemaak,sy troon teen die grond gegooi.
46 U het sy jeugdige krag gebreeken hom diep verneder. Sela
47 Sal U dan vir altyd u hulp weerhou, Here?Sal die vuur van u gramskap dan bly brand?
48 Dink tog daaraan hoe kort die lewe is,hoe min daar in die lewe isvir al die mense wat deur U geskep is.
49 Watter mens leef daar wat die dood nie sal sien nie,wat homself kan red uit die mag van die doderyk? Sela
50 Waar is u liefde van vroeër, Here,wat U in u trou plegtig aan Dawid belowe het?