2 Met my hele hart wil ek U prys, Here,wil ek van u magtige reddingsdade vertel.
3 Oor U wil ek my verbly en vrolik wees,u Naam wil ek besing, o Allerhoogste.
4 Toe U verskyn het, het my vyande gevlug,hulle het gestruikel en omgekom.
5 Toe U op die troon gaan sit het as betroubare regter,het U aan my reg laat geskied.
6 U het die nasies met vernietiging gedreig,die skuldiges laat omkom,hulle naam vir altyd uitgewis.
7 Dit is klaar met die vyand,daar bly net puinhope oor.U het hulle stede verwoes,niemand dink eers meer aan hulle nie.
8 Die Here is altyd op sy troon;op sy regterstoel is Hy steeds gereed vir die regspraak.