9 Omdat jy die Here as skuilplek geneem het,die Allerhoogste as jou beskermer,
10 sal geen onheil jou trefen geen plaag naby jou woonplek kom nie.
11 Hy sal sy engele opdrag geeom jou te beskerm waar jy ook al gaan.
12 Op hulle hande sal hulle jou dra,sodat jy nie jou voet teen 'n klip sal stamp nie.
13 Jy sal oor leeus en adders loop,leeus en slange sal jy doodtrap.
14 “Omdat hy My liefhet, sal Ek hom red,”sê die Here,“omdat hy My ken, sal Ek hom beskerm.
15 Wanneer hy My aanroep, sal Ek sy gebed verhoor;in sy nood sal Ek by hom wees,Ek sal hom red en hom in sy eer herstel.