3 Hoe lank, Here,hoe lank sal die goddeloses hulle nog verlustigin die leed van ander mense?
4 Hulle kook oor van vermetelheid;almal wat onreg doen, spog daarmee.
5 Hulle vertrap u volk, Here,hulle verdruk die volk wat aan U behoort;
6 hulle vermoor weduwees en vreemdelinge,hulle maak weeskinders dood
7 en dink die Here sien dit nie,die God van Jakob merk dit nie.
8 Gebruik tog julle verstand, julle wat so dom optree onder die volk.Julle dwase, wanneer wil julle dan verstandig word?
9 Sou Hy wat vir ons ore gemaak het, self nie kan hoor nie?Sou Hy wat vir ons oë gemaak het, nie kan sien nie?