2 Wees my genadig, o God, want daar is mense wat my jaag,vyande wat my vervolg van die môre tot die aand.
3 Vroeg en laat jaag my teëstanders my,en ek het baie vyande, o Allerhoogste.
4 Die dag as ek bang word,vertrou ek net op U.
5 In God, wie se woord ek prys,in God stel ek my vertroue, ek is nie bang nie.Wat kan 'n blote mens aan my doen?
6 Hulle vergal my lewe gedurig met beskuldigings teen my,al hulle bose planne is teen my gerig.
7 Hulle lê op die loer en hou my dop,hulle bly op my hakke,so gretig wag hulle op my dood.
8 Moenie dat hulle ongestraf bly vir hierdie vyandigheid nie!Laat u toorn hulle vernietig, o God!