3 want die wetsoortreder praat groot oor die begeerte van sy verstand, wil en emosie en die gierige vloek en verag יהוה.
4 Die wetsoortreder, in sy hoogmoed, soek Hom nie en daar is geen god in al sy gedagtes nie.
5 Sy lewenswyses is altyd voorspoedig; U oordele is daar bo, buite sy sig; wat al sy teëstanders betref: hy verag hulle.
6 Hy sê vir homself: “Ek sal nie beweeg word nie; deur alle geslagte sal ek nie in teëspoed wees nie.”Rom 3:14 onder sy tong is streke en boosheid.Ya’a 3:8-9
7 Sy mond is vol vloeke, misleiding en onderdrukking;
8 Hy sit in die hinderlae by die dorpe; in skuilplekke maak hy die onskuldige dood; sy oë loer skelm vir die ongelukkige.
9 Hy wag in ’n skuilplek om die geteisterde te vang; hy vang die geteisterde wanneer hy hom in sy net intrek.