1 Vir die musiekleier: ’n gedig van Dawid, met instrumentale musiek.
2 Hoe lank, o יהוה, sal U my vir altyd vergeet? Hoe lank sal U vir my U gesig verberg?
3 Vir hoe lank sal ek die hele dag lank smart in myself en ellende in my verstand, wil en emosie hê? Hoe lank sal my vyand oor my opgelig word?
4 Beskou dit en antwoord my, יהוה, my God! Verlig my oë sodat ek nie in die dood verval
5 sodat my vyande nie kan sê: “Ek het hom oorwin” nie en my teëstanders nie juig as ek geskud word nie.
6 Ek het egter vertrou op U liefdevolle goedheid; my verstand, wil en emosie sal juig oor U verlossing. Ek wil sing tot יהוה omdat Hy aan my goed gedoen het.Ps 53:1