1 Vir die musiekleier; van Dawid, die kneg van יהוה. 2 Die wetsoortreder gee geboorte aan boosheid in sy verstand, wil en emosie. Daar is geen respekvolle vrees van God voor sy oë nie.
2 Hy is onwillig om sy sonde vergewe te sien of om hulle te haat.
3 Die woorde van sy mond is onregverdigheid en bedrog; hy is onwillig om goed te doen.
4 Hy beplan oortreding van die wet op sy bed; hy loop op ’n pad wat nie goed is nie en verag nie die boosheid nie.
5 O יהוה, U goedheid strek tot in die hemele, U getrouheid tot in die ruimte.
6 U onpartydige opregtheid is soos die berge van God; U oordele is soos ’n groot diepte. יהוה, U bewaar mens en dier!
7 Hoe kosbaar is U liefdevolle goedheid, o God; daarom skuil die mensekinders onder die skaduwee van U vlerke.
8 Hulle floreer in die oorvloed van U huis en U sal hulle laat drink van die aangename waters uit U fontein,Open 21:6 in U Lig sien ons lig.
9 want by U is die fontein van lewe;
10 Laat U liefdevolle goedheid voortduur vir dié wat U ken en U onpartydige opregtheid vir die opregtes van verstand, wil en emosie.
11 Laat die voet van die trotse nie teen my kom nie en laat die hand van die wetsoortreder my nie verdryf nie.
12 Daar het die werkers van onregverdigheid geval; hulle is neergegooi en kan nie weer opstaan nie.