1 Waarom is die nasies in opstand en beplan die volke nuttelose dinge?Hand 4:26
2 Die konings van die aarde het standpunt ingeneem en die heersers hou saam raad teen יהוה en teen Sy Gesalfde en sê:
3 “Laat ons Hulle bande stukkend skeur en Hulle toue van ons af weggooi!”
4 Hy wat in die hemele sit, lag; יהוה spot met hulle.
5 Dan sal Hy met hulle praat in Sy woede en hulle beangs maak in Sy toorn en sê:Yeg 37:22
6 “Ek het My Koning aangestel op Tziyon, My afgesonderde berg,”Mar 1:11; Luk 3:22; Hand 13:33; Heb 1:5; Heb 5:5
7 “om My belofte te verklaar. יהוה het vir My gesê: ‘Jy is My Seun, vandag het Ek geboorte gegee aan jou.Heb 1:2
8 Vra van My en Ek sal sekerlik die nasies gee as Jou erfenis en die eindes van die aarde as Jou besitting.Open 2:27; Open 19:15 Jy sal hulle stukkend slaan soos erdeware.’”
9 Jy sal hulle vernietig met ’n ysterstaf,
10 Nou, daarom, o konings, wys onderskeidingsvermoë; wees gewaarsku, o regters van die aarde!Fil 2:12
11 Dien יהוה met respekvolle vrees en juig met bewing.
12 Bewys eer aan die Seun sodat Hy nie kwaad word en julle op die pad vergaan nie, want Sy toorn kan gou ontvlam. Hoe gelukkig is almal wat in Hom vertrou!