1 Vir die musiekleier: op die wysie van “Y’dutun (’n Lofgedig),” ’n gedig van Asaf, met instrumentale musiek. 2 Ek het uitgeroep tot God met my stem en Hy hoor my; ek het my stem tot Hom toe opgelig en Hy antwoord my.
2 Op die dag van my moeilikheid het ek na יהוה gesoek; my foltering het deur die nag aangehou en nie opgehou nie; daar was geen trooster vir my lewe nie.
3 Toe ek onthou het, o God, was ek omgekrap; ek het dit deurdink en my gees was oorweldig.
4 My oë is verdof; ek is stom sodat ek nie kan praat nie.
5 Ek het die ou dae oordink, ek neem die jare van die ou tyd in ag.
6 Ek oordink ver in die nag in, ek kommunikeer met my eie verstand, wil en emosie; ek het my lewe ondersoek en gesê:
7 “Het יהוה my vir ewig in die steek gelaat en sal Hy nooit weer goedgunstig wees nie?
8 Is Sy onverdiende guns vir ewig verby, faal Sy belofte ewiglik?
9 Het God vergeet om goedgunstig te wees? Het Hy Sy liefdevolle omgee toegesluit in Sy woede?”
10 Ek het ook gesê: “Dit is my kranklikheid; dit is nog ’n besoek van die krag van die Allerhoogste!”
11 Ek sal die dade van Yah onthou; ek sal sekerlik die wonders van ouds onthou.
12 Ek sal ook al U werk oordink en dink aan U bekwame dade.
13 U werkswyse is afgesonderd, o God; daar is niemand so groot soos ons God nie.
14 U is die God wat wonders doen; U het U sterkte onder die mense verklaar.
15 U het U volk met U arm verlos, die seuns van Ya’akov en van Yosef.
16 Die waters het U gesien, o God, die waters het U gesien; hulle was bang en die dieptes was ook omgekrap.
17 Die wolke het water uitgegiet, die hemele het ’n klank laat hoor; U pyle het rondgevlieg.
18 Die stem van U donder was in die hemele; die weerligstrale het die wêreld verlig; die aarde het gebewe en geskud.
19 U manier van doen is in die see en U pad is in die groot waters, maar U voetspore word nie gesien nie.
20 U het U volk soos skape gelei deur die hand van Moshe en Aharon.