1 Vir die musiekleier: ’n gedig van Dawid, met instrumentale musiek. Die dwaas het in sy verstand, wil en emosie gesê: “Daar is geen God nie.” Hulle is korrup, hulle het verwerplike dade gepleeg; daar is niemand wat goed doen nie.
2 יהוה het vanuit die hemel afgekyk op die seuns van die mens, om te sien of daar enige een is wat verstaan, wat na God soek.Rom 1:21; Rom 3:12
3 Hulle het almal afgedraai, saam het hulle korrup geword; daar is nie een wat goed doen nie, selfs nie een nie.
4 Hulle herken nie die oortreders van die wet wat my volk opeet asof hulle brood eet nie en hulle roep יהוה nie aan nie.
5 Dáár is hulle in groot angs, want God is by die regverdige geslag.
6 Julle sal die raad van die geteisterdes tot skande maak, maar יהוה is sy toevlug.
7 Ag, dat die verlossing van Yisra’el uit Tziyon sal kom! Wanneer יהוה Sy gevange volk herstel, sal Ya’akov bly wees, Yisra’el verheug.