1 Vir die musiekleier: op ’n Gittitiese harp, ’n gedig van die seuns van Korag, met instrumentale musiek. 2 Hoe lieflik is U tente, o יהוה-Tzva’ot!Open 1:18
2 My lewe verlang, ja, smag na die voorhowe van יהוה; my verstand, wil en emosie en my vlees roep uit van vreugde tot die lewende God.
3 Selfs die swaweltjie het ’n huis gevind en die duif ’n nes vir haarself, waar hulle hul kleintjies naby U altare grootmaak, יהוה-Tzva’ot, my Koning en my God!
4 Gelukkig is hulle wat in U huis bly; hulle sal U helder en duidelik loof vir ewig.
5 Gelukkig is die mens wie se hulp vanaf U is, in wie se verstand, wil en emosie U lewenswyse is.
6 Hulle het deur die vallei van trane gegaan en dit ’n blyplek gemaak; die Wetgewer sal dit oordek met seëninge.
7 Hulle sal gaan van krag tot krag; die God van die gode sal in Tziyon gesien word.
8 יהוה, God van die leërmagte, hoor my gebed; luister, o God van Ya’akov!
9 Let op, o God, ons Skild en kyk na die gesig van U gesalfde,
10 want ’n dag in U howe is beter as ’n duisend; ek sal eerder kies om te bly in die huis van my God as om te bly in die tente van die bose,
11 want יהוה-God is ons Voorsiener en ons Helper; יהוה sal onverdiende guns, lof en eer gee; Hy sal geen goeie ding terughou van hom wat opreg lewe nie.
12 יהוה-Tzva’ot, gelukkig is die mens wat in U vertrou!