1 ’n Lied vir die opgaan na die feeste; van Shlomo. As יהוה die huis nie bou nie, werk die wat daaraan bou tevergeefs; as יהוה die stad nie bewaar nie, bly die wagter tevergeefs wakker.
2 Dit is doelloos vir hulle wat vroeg opstaan, wat laat opbly; hulle eet brood van smarte, want Hy gee aan die een wat Hy liefhet dieselfde in sy slaap!
3 Let op, seuns is ’n erfenis vanaf יהוה en die vrug van die baarmoeder is ’n beloning.
4 Soos pyle in die hand van ’n magtige man, so is seuns van die jeug.
5 Geseënd is die man wat sy pylkoker vol het daarvan! Hy sal nie beskaamd staan nie, maar met vyande in die poort praat.