1 Vir die musiekleier: ’n gedig van Dawid, met instrumentale musiek. 2 Geseënd is hy wat vir die armes sorg; יהוה sal hom bevry in die dag van moeilikheid.
2 יהוה sal hom bewaar en hom aan die lewe hou en Hy sal hom seën op die aarde. Hy sal hom nie oorgee in die hand van sy vyande nie.
3 יהוה sal hom versterk op sy siekbed; hy sal heeltemal herstel van sy siekte.
4 Ek het gesê: “יהוה, gee my onverdiende guns en genees my, want ek het teen U gesondig.”
5 My vyande praat boos teen my: “Wanneer sal hy sterf en sy naam vergaan?”
6 Wanneer hulle kom om my te sien, dan praat hulle valshede en hulle verstand, wil en emosie beplan wetsoortredings; hulle gaan uit in die straat en skinder van my.
7 Almal wat my haat fluister saam oor my; hulle beplan boosheid teen my.
8 Hulle dink onregverdige beskuldigings teen my uit en sê: “Noudat hy siek in sy bed lê, sal hy nie weer opstaan nie.”Yog 13:18
9 Selfs die man wat my besoek, in wie ek vertrou het, wat my brood eet, het sy hakskeen teen my opgelig,
10 maar U, o יהוה, gee my onverdiende guns en genees my sodat ek hulle mag terugbetaal!
11 Hieraan weet ek dat U tevrede is met my: dat my vyande nie oor my juig nie.
12 U hou my in my integriteit omhoog en sit my in U Teenwoordigheid vir ewig.Luk 1:68
13 Geseënd is יהוה, die God van Yisra’el, vanaf ewigheid tot in ewigheid! Dit is ’n ewige waarheid.Yo’el 1:20