1 ’n Lied vir die opgaan na die feeste. Geseënd is elkeen wat יהוה respekvol vrees, wat in Sy lewenswyse leef,
2 want jy sal die opbrengs van jou hande eet. Jy sal gelukkig wees en dit sal met jou goed gaan!
3 Jou vrou sal wees soos ’n vrugbare wingerdstok in jou huis; jou seuns soos olyfboompies rondom jou tafel.
4 Let op, so sal die man wat יהוה respekvol vrees, geseën word.
5 יהוה sal jou seën vanuit Tziyon en jy sal die goeie van Yerushalayim sien, al die dae van jou lewe!
6 Ja, jy sal jou kinders se kinders en vrede, voorspoed, vergenoegdheid en gesondheid oor Yisra’el sien!