1 ’n Gedig met instrumentale musiek. Sing tot יהוה ’n nuwe lied, want Hy het wonderlike dinge gedoen; Sy regterhand en Sy afgesonderde arm het vir Hom die oorwinning gebring.
2 יהוה het Sy verlossing bekend gemaak, Sy onpartydige opregtheid voor die oë van die nasies openbaar.
3 Hy het Sy onverdiende guns en waarheid teenoor die huis van Yisra’el onthou; al die eindes van die aarde het die verlossing van ons God gesien.
4 Roep uit van vreugde tot יהוה die hele aarde; juig, jubel, sing en maak musiek!
5 Sing en maak musiek tot יהוה met die harp, met die harp en die stem van sang, begelei met instrumente,
6 juig met harde klanke van trompette en ramshorings voor die Teenwoordigheid van יהוה, die Koning!
7 Laat die see en sy volheid raas, die wêreld en hulle wat daarin woon.
8 Laat die riviere hulle hande klap, die heuwels saam vreugdevol wees
9 voor die Teenwoordigheid van יהוה, want Hy kom om die aarde te oordeel; met onpartydige opregtheid sal Hy die wêreld oordeel, die mense met gelykheid.