1 ’n Gedig van Dawid, met instrumentale musiek. Ek sal U met uitgestrekte hande loof met my hele verstand, wil en emosie; ek sal voor die konings sing en musiek maak tot U.
2 Ek sal op my gesig neerval in U afgesonderde tempel en U Naam (Karakter en Outoriteit) met uitgestrekte hande loof vir U liefdevolle goedheid en vir U waarheid, want U het U volle boodskap bo U Naam (Karakter en Outoriteit) opgelig.
3 Op die dag dat ek uitgeroep het na U, het U my geantwoord en die krag van my lewe verhoog.
4 Al die konings van die aarde sal U loof met uitgestrekte hande, o יהוה, want hulle het die woorde van U mond gehoor en daarna geluister;
5 ja, hulle sal die lewenswyses van יהוה besing, want die Gemanifesteerde Teenwoordigheid van יהוה is groot.
6 Alhoewel יהוה verhewe is, sien Hy nogtans die wat laag neergebuig is, maar die trotse ken Hy van ver.
7 Alhoewel ek te midde van moeilikheid loop, sal U my red; U sal U hand uitsteek teen die woede van my vyande en U regterhand sal my verlos.
8 O יהוה, voltooi dit vir my! U goedheid, o יהוה, duur vir ewig; moenie die werke van U eie hande laat staan nie!