1 Vir die musiekleier: ’n onderriggewende gedig van Dawid, 2 toe Do’eg, die Edomiet, gekom en aan Sha’ul vertel en aan hom gesê het: “Dawid het na die huis van Agimelekh gegaan.”
2 Hoekom beroem jy jou in boosheid, o kragtige krygsman? Die goedheid van God hou aan en aan!
3 Jou tong beraam vernietiging soos ’n skerp skeermes, wat met misleiding werk!
4 Jy het boosheid meer lief as goedheid en leuens meer as om onpartydig opreg te praat.
5 Jy hou van almal wat boos praat en van alle bedrieglike tonge;
6 daarom sal God jou vir ewig afbreek, jou wegskeur uit jou blyplek en jou ontwortel uit die land van die lewendes,
7 dan sal die onpartydige opregtes dit sien en hulle verheug en in יהוה vertrou.
8 Hulle sal sê: “Let op, hierdie is die man wat nie in God vertrou het nie, maar vertrou het in die oorvloed van sy rykdom en geroem het in sy besittings!”
9 Ek is egter soos ’n groen olyfboom in die huis van God; ek vertrou vir ewig en ewig op die liefdevolle goedheid van God. 11 Vir ewig sal ek U loof en U dank met uitgestrekte hande, want U het dit gedoen en ek sal U Karakter en Outoriteit (Naam) voor U goedgunstiges vir geslagte verkondig.Ps 14:1