1 Vir die musiekleier: ’n gedig met instrumentale musiek, met snaarinstrumente; ’n lied. 2 Mag God aan ons onverdiende guns skenk en ons seën; Sy Teenwoordigheid oor ons laat skyn
2 sodat die mense op aarde U lewenswyse mag ken, U reddende genesing onder al die nasies.
3 Laat al die volke U met uitgestrekte hande loof, o God, laat al die volke U loof met uitgestrekte hande.
4 Laat die nasies bly wees en hardop sing, want U sal die volke regverdig oordeel en die nasies op aarde regeer.
5 Laat al die volke U met uitgestrekte hande loof, o God, laat al die volke U loof met uitgestrekte hande,
6 dan sal die aarde sy vermeerdering oplewer en God, ons God, sal ons seën.
7 God sal ons seën en al die eindes van die aarde sal Hom vrees.