1 ’n Gedig van Dawid, met instrumentale musiek, toe hy gevlug het voor sy seun Avshalom. O יהוה, hoe het my teëstanders vermenigvuldig! Baie staan teen my op.
2 Baie sê van my lewe: “Daar is geen bevryding vir hom in God nie.”
3 U, יהוה, is egter ’n Skild rondom my, my lof, eer en aanbidding en die Een wat my kop oplig.
4 Ek het uitgeroep na יהוה met my stem en Hy het my geantwoord vanaf Sy afgesonderde berg.
5 Ek lê en het geslaap; ek het wakker geword, want יהוה ondersteun my.
6 Ek sal nie bang wees vir tien duisende van mense wat hulleself rondom my opgestel het nie.
7 Staan op, יהוה, red my, o my God, want U het al my vyande op die wang geslaan; U het die tande van die wetsoortreders stukkend gebreek.
8 Verlossing behoort aan יהוה; laat U seën op U volk wees!