Psalms 27 PWL

1 Van Dawid. יהוה is my Lig en my Verlossing; vir wie sou ek vrees? יהוה is die Verdediger van my lewe; vir wie sou ek bang wees?

2 As boosdoeners teen my kom om my te verteer, my teëstanders en my vyande, struikel hulle en val.

3 Al slaan ’n leërmag kamp op teen my, my binneste sal nie vrees nie; al staan ’n oorlog teen my op, sal ek daarin verseker wees.

4 Een ding het ek van יהוה gevra, dit sal ek soek: dat ek al die dae van my lewe mag bly in die huis van יהוה, om die lieflikheid van יהוה te sien en te mediteer in Sy tempel,

5 want op die dag van moeilikheid steek Hy my weg in Sy tent; Hy steek my weg in die geheime plek van Sy tent; Hy sal my vas laat staan op ’n rots.

6 Nou sal my kop hoog opgelig wees bo my vyande rondom my en daarom sal ek in Sy tent offers offer met uitroepe van vreugde; ek sal sing en musiek maak tot eer van יהוה.

7 Hoor en luister na my stem, o יהוה, wanneer ek na U toe uitroep, wys my onverdiende guns en antwoord my.

8 My verstand wil en emosie sê vir U: “Laat my U Teenwoordigheid soek, o יהוה!”

9 Moenie U gesig van my af wegdraai nie; my moeilikheid gee in U woede nie; U is my Hulp! Verstoot en verlaat my nie, o my God en my Verlosser!

10 Alhoewel my vader en my moeder my sou verlaat, het יהוה my ingeneem.

11 Leer my U lewenswyse, יהוה en lei my op U regte paaie.

12 Gee my nie oor in die hande van my teëstanders nie, want valse getuies het teen my opgestaan en gewelddadig gepraat,

13 maar ek het vertrou dat ek die goedheid van יהוה sal sien in die land van die lewendes.

14 Wag op יהוה! Wees onveranderlik dapper en vol vertroue! Ja, wag op יהוה!