1 Vir die musiekleier: ’n gedig van Dawid, met instrumentale musiek. 2 O יהוה, die koning sal bly wees in U sterkte en in U verlossing sal hy hom grootliks verbly!
2 U het vir hom sy hartsbegeerte gegee en die versoeke van sy lippe nie teruggehou nie,
3 want U seën hom met goeie dinge; U sit ’n kosbare kroon op sy kop.
4 Hy het van U lewe gevra, U het dit vir hom gegee; lengte van dae, vir ewig en ewig.
5 Sy lof en eer is groot deur U verlossing; prag en praal en majesteit het U op hom gelê,
6 want U maak hom vir ewig mees geseënd; U maak hom in U Teenwoordigheid met vreugde bly,
7 want die koning vertrou in יהוה en deur die liefdevolle goedheid van die Allerhoogste sal hy nie geskud word nie.
8 U hand sal al U vyande oormeester; U regterhand almal wat U haat.
9 U sal hulle maak soos ’n vurige oond in die tyd van U woede; יהוה sal hulle verslind in Sy toorn en vuur sal hulle verteer.
10 U sal hulle vrug van die aarde af vernietig en hulle nageslag vanuit die seuns van die mens,
11 want hulle het boosheid teen U beplan; hulle het ’n listige plan beraam wat hulle nie in staat is om uit te voer nie,
12 want U sal hulle dwing om te vlug; met U boogsnare sal U mik na hulle gesigte.
13 Wees verhoog in U sterkte, o יהוה; ons wil sing en musiek maak oor U oorwinningskrag!