Psalms 39 PWL

1 Vir die musiekleier; aan Y’dutun: ’n gedig van Dawid, met instrumentale musiek. 2 Ek het gesê: “Ek wil oplet na my lewenswyse dat ek nie sondig met my tong nie; ek sal die woorde van my mond in toom hou solank die bose in my teenwoordigheid is.”

2 Ek was stom en stil, ek het my selfs van die goeie weerhou, maar my smart het erger geword.

3 My hart was warm binne-in my en my liggaam was aan die brand; toe het ek met my tong gepraat:

4 “יהוה, wys my my einde en die lengte van my dae; laat my weet hoe verganklik ek is.

5 Let op, U het aan my dae ’n beperking geplaas en my ouderdom is soos niks voor U nie; ja, elke mens staan voor U as net ’n asemteug!

6 Waarlik, elke mens loop rond soos ’n skynbeeld; hy verdwyn soos ’n asem; hy begrawe skatte en weet nie wie dit bymekaar sal maak nie.

7 Van nou af, wat is my versekerde verwagting, behalwe in U, o יהוה?

8 Bevry U my van al my wetsoortredinge; maak my nie ’n bespotting van die onregverdige nie.

9 Ek is stom, ek sal my mond nie oopmaak nie, want U het dit gedoen.

10 Neem U katshoue van my af weg; ek is neergeslaan deur die houe van U hand.

11 Ek word verteer deur bestraffing as gevolg van my sonde; U dissiplineer ’n man en verwyder sy begeertes soos stoppels; waarlik, elke mens is soos ’n asemteug!

12 Hoor my gebed, o יהוה, luister na my uitroep; moenie stilbly by my trane nie, want ek is ’n besoeker by U en ’n vreemdeling soos al my vaders was.

13 Bevry my sodat ek in vrede kan rus voordat ek heengaan en nie meer is nie.”