1 ’n Lied vir die opgaan na die feeste; van Dawid. As dit nie יהוה was wat aan ons sy gestaan het nie, laat Yisra’el nou so sê:
2 As dit nie יהוה was wat aan ons sy gestaan het toe manne teen ons opgestaan het nie,
3 dan sou hulle ons lewendig verslind het toe hulle woede teen ons ontvlam het;
4 dan sou hulle ons in die waters verdrink het; die stroom sou oor ons gegaan het;
5 dan sou die groot waters oor ons gegaan het.
6 Geseënd is יהוה wat ons nie as prooi aan hulle tande oorgegee het nie!
7 Ons lewens het ontsnap soos ’n voël uit die strik van die voëlvangers; die strik is gebreek en ons is bevry.
8 Ons hulp is in die Karakter en Outoriteit (Naam) van יהוה wat hemel en aarde gemaak het.Yeg 43:12