1 Vir die musiekleier: van die seuns van Korag, met sopraanstemme, ’n lied. 2 God is ons Skuilplek en Sterkte; ’n baie Teenwoordige Hulp in moeilikheid.
2 U was nog altyd by ons; daarom sal ons nie vrees as die aarde geskud word en die berge in die diepte van die see afgeskud word nie;
3 al raas sy waters en kook dit op, al skud die berge deur die krag daarvan!Yeg 47; Z’kh 14:8
4 Daar is ’n rivier waarvan die strome die stad van God sal opvrolik, die afgesonderde blyplekke van die Allerhoogste.
5 God is in haar midde, sy sal nie beweeg word nie; God sal haar help in die vroeë oggend.
6 Die nasies het hulle tande gekners, koninkryke het gebewe; Hy het Sy stem verhef en die aarde het geskud.
7 יהוה-Tzva’ot is by ons; die God van Ya’akov is ons Skuilplek.
8 Kom, let op die dade van יהוה, want Hy doen wonderwerke op die aarde.
9 Hy laat die oorloë tot by die einde van die aarde ophou, breek die boog en slaan die spies stukkend, verbrand die strydwaens met vuur.
10 Draai terug en weet dat Ek God is; Ek is verhoog bo die nasies en Ek is verhoog op die aarde.
11 יהוה-Tzva’ot is by ons; die God van Ya’akov is ons Skuilplek.