1 Vir die musiekleier op die wysie van “U moenie vernietig nie:” ’n gedig van Dawid, toe Sha’ul gestuur het om die huis dop te hou en hom dood te maak. 2 Bevry my van my vyande, o my God! Verdedig my teen hulle wat teen my opstaan!
2 Bevry my van die werkers van boosheid en verlos my van bloeddorstige manne,
3 want let op, hulle lê en wag vir my lewe; hulle het boosheid teen my vermenigvuldig, nie omdat ek gesondig of oortree het nie, o יהוה!
4 Hulle hardloop en berei hulle voor teen my sonder om te oorweeg of ek fouteer het!
5 Ontwaak om my te help en let op, יהוה-God van die leërmagte, die God van Yisra’el, ontwaak om al die nasies te besoek en spaar geen wetsoortreder nie!
6 Hulle kom terug teen die aand; hulle maak geluide soos honde en dwaal rond deur die stad.
7 Let op, hulle smaal met hul monde; swaarde is op hulle lippe, want ‘wie,’ sê hulle, ‘gee om?’
8 U, o יהוה, sal egter vir hulle lag; U sal spot met al die nasies.
9 Tot U sal ek lofprysing gee, o God, want U is my Verdediging.
10 O God, U liefdevolle goedheid het voor my uitgegaan; God het my laat lewe om wraak op my vyande te sien.
11 Spaar hulle as ’n lewende voorbeeld sodat my volk dit nie vergeet nie, maar verstrooi hulle deur U krag en werp hulle neer, o יהוה, my Versekerde Verwagting,
12 vir die sonde van hulle mond en die woorde van hulle lippe, laat hulle selfs gevang word in hul trots, want dit is vloeke en leuens wat hulle praat.
13 Verteer hulle in U wraak, verteer hulle dat hulle nie meer sal wees nie sodat hulle kan weet dat God oor Ya’akov en oor die eindes van die aarde heers
14 en laat hulle terugkom teen die aand en laat hulle geluide maak soos honde en ronddwaal deur die stad.
15 Laat hulle honger wees en nie gevul word nie en ook nie ’n blyplek vind nie,
16 maar ék sal sing van U krag, ja ek sal hardop sing van U eer, lof en aanbidding in die oggend, want U was my Verdediging en my Toevlug in die dag van my moeilikheid.
17 Tot U, o God, sal ek sing en musiek maak, want U is die God van my toevlug en die God van my eer, lof en aanbidding.