1 ’n Gedig van Dawid, met instrumentale musiek. Gee aan יהוה, o seuns van magtiges, gee aan יהוה eer, lof en aanbidding!
2 Gee aan יהוה die eer, lof en aanbidding waardig aan Sy Karakter en Outoriteit (Naam); val neer voor יהוה in die hof van Sy Afgesonderde tempel!
3 Die stem van יהוה is oor die waters, die God van eer, lof en aanbidding donder; יהוה is oor baie waters.
4 Die stem van יהוה is kragtig; die stem van יהוה is vol majesteit.
5 Die stem van יהוה breek die seders; ja, יהוה verbreek die seders van L’vanon.
6 Hy laat L’vanon ook spring soos ’n kalf en Siryon soos ’n wilde bul (Aurogs).
7 Die stem van יהוה verdeel die vlamme van vuur.
8 Die stem van יהוה skud die wildernis; יהוה skud die wildernis van Kadesh.
9 Die stem van יהוה laat die takbokke lam en stroop die woude kaal; in Sy tempel praat elkeen van Sy lof, eer en aanbidding!
10 יהוה beheer die vloed; ja, יהוה sit as Koning vir ewig.
11 יהוה sal krag aan Sy volk gee, יהוה sal Sy volk seën met vrede, gesondheid, vreugde, voorspoed en vergenoegdheid.