1 ’n Lofprysing van Dawid. Ek sal U oplig, o my God, die Koning en ek sal goedpraat van U Naam (Karakter en Outoriteit) vir ewig en ewig.
2 Elke dag sal ek U seën en U Naam (Karakter en Outoriteit) helder en duidelik loof vir ewig en ewig.
3 יהוה is groot en waardig om helder en duidelik geloof te word en Sy grootheid is ondeurgrondelik.
4 Een geslag sal U werke vertel aan die ander en U magtige dade verkondig.
5 Ek wil praat van die wonderlikheid van die grootheid van U majesteit en van U wonderlike dade
6 en mense sal praat van die krag van U wonderlike dade en ek sal U grootheid verkondig.
7 Hulle sal die herinnering aan U grote goedheid oorvloedig uiter en U regverdiges sal dit soek en vind.
8 יהוה is vol onverdiende guns en liefdevolle omgee, stadig om kwaad te word en vol goedheid.
9 יהוה is vir almal goed en Sy liefdevolle omgee is oor al Sy diensknegte.
10 Al U diensknegte sal U loof met uitgestrekte hande, o יהוה en U afgesonderdes sal U seën.
11 Hulle sal praat van die grootheid van U koninkryk en praat van U krag,
12 om aan die seuns van die mens U mag bekend te maak en die wonderlike majesteit van U koninkryk.
13 U koninkryk is ’n ewige koninkryk en U heerskappy duur voort deur al die geslagte. (Peshitta) יהוה is getrou in Sy woorde en onpartydig opreg in al Sy dade.
14 יהוה hou almal wat val regop en Hy lig almal op wat neergebuig is.
15 Almal se oë wag op U en U gee hulle kos op die regte tyd.
16 U maak U hand oop en versadig die begeerte in elke lewende wese.
17 יהוה is regverdig in al Sy optredes en goedgunstig in al Sy werke.
18 יהוה is naby aan almal wat uitroep na Hom, almal wat na Hom roep in waarheid.
19 Hy sal die begeerte vervul van hulle wat Hom respekvol vrees en Hy sal ook hulle uitroep hoor en hulle red.
20 יהוה beskerm almal wat Hom liefhet, maar Hy sal al die bose vernietig.
21 My mond sal die lofprysing van יהוה uitspreek; laat alle vlees vir ewig en ewig goedpraat van Sy afgesonderde Naam (Karakter en Outoriteit).