1 Van Dawid. Ek roep uit na U, o יהוה! My Rots, wees nie stil teenoor my nie; as U stilbly teenoor my, word ek soos dié wat afgaan in die put.
2 Hoor en luister na die stem van my smekinge as ek na U om hulp uitroep, wanneer ek my hande oplig na U Afgesonderde tempel.
3 Ruk my nie weg saam met die wetsoortreders en die werkers van onregverdigheid, wat van vrede, vreugde, gesondheid, voorspoed en vergenoegdheid praat met hulle naaste, maar daar is boosheid in hulle verstand, wil en emosie, nie.
4 Beloon hulle volgens hul dade en volgens hul bose praktyke. Beloon hulle volgens die dade van hulle hande, dit wat hulle verdien.
5 Omdat hulle nie die dade van יהוה of die werk van Sy hande verstaan nie, sal Hy hulle afbreek en hulle nie opbou nie.
6 Geseënd is יהוה, want Hy het na die stem van my smekinge geluister.
7 יהוה is my Helper en my Skild; my verstand, wil en emosie vertrou op Hom en ek is gehelp; daarom sal ek spring van vreugde en Hom loof en dank met my hande uitgestrek.
8 יהוה is die Sterkte vir Sy volk en Hy is die Beskerming van die verlossing van Sy Gesalfde.
9 Red U volk, seën U erfenis en wees vir hulle ’n Herder en versorg hulle vir ewig.