1 Vir die musiekleier; op snaarinstrumente: ’n gedig van Dawid, met instrumentale musiek. Antwoord my wanneer ek roep, o God van my onpartydige opregtheid! In my benoudheid het U my bevry; buig af na my in goedheid en luister na my gebed!
2 O manne, hoe lank sal julle my eer verdoesel? Hoe lank sal julle die waardelose liefhê, die misleiding soek?
3 Weet egter dat יהוה die getroue een vir Homself afgesonder het; יהוה luister as ek na Hom roep.Efe 4:26
4 Word kwaad en moenie sondig nie; deurdink dit in julle harte op julle bed en wees stil.
5 Offer die offers van onpartydige opregtheid en vertrou op יהוה.
6 Baie sê: “Wie sal vir ons een wat goed is laat sien?” Lig die Lig van U Teenwoordigheid oor ons op, o יהוה!
7 U het groter blydskap in my verstand, wil en emosie gegee as wanneer hulle graan en hulle nuwe wyn oorvloedig is.
8 Ek sal beide in vrede gaan lê en gaan slaap, want U alleen, o יהוה, laat my in veiligheid leef.